Neefs swaar gestraf vir moord tydens sataniese ritueel

Die nefies, Lindon Wagner (Links) en Robin Harwood. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die nefies, Lindon Wagner (Links) en Robin Harwood. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die neefs Lindon Wagner en Robin Harwood, wat verlede jaar skuldig bevind is aan die moord op Kirsty Theologo tydens ʼn sataniese ritueel is vandag in die hooggeregshof in Palm Ridge buite Alberton gevonnis.

Wagner is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Theologo. Hy is ook tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van poging tot moord. Harwood is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Theologo. Regter Geraldine Borchers het in haar uitspraak gesê Wagner het ʼn meer aktiewe rol in die moord gespeel. “Hy was bereid om onder eed te lieg en het verantwoordelikheid vir sy dade ontken.” Borchers sê Wagner was ouer as 21 jaar ten tyde van die moord. Sy sê om Harwood tot lewenslange tronkstraf te gevonnis het sou te streng gewees het aangesien hy ʼn jeugdige en onvolwasse is. Wagner en Harwood gaan aansoek doen om verlof om appèl teen hulle vonnisse aan te teken.

Harwood se ma, Dierdre Moses, het na die hofverrigtinge gesê die vonnisse wat haar seun en sy neef opgelê is, is nie regverdig nie. “Die vonnis is ʼn bietjie hard, die regter verstaan nie die meriete van die saak nie. Daar is boosheid daar buite.” Moses sê Harwood en Wagner het nie die moord beplan nie. “Ons glo hulle was nie in beheer van hulle aksies nie. Die duiwel is ʼn werklikheid en as jy die deur oopmaak sal hy inkom.” Moses sê Harwood en Wagner was slagoffers van die duiwel en dat dit onregverdig is dat hulle moet ly.

Theologo is in Oktober 2011 in die hospitaal dood nadat sy op ‘n koppie in Linmeyer, Johannesburg, tydens ʼn sataniese ritueel aangerand en aan die brand gesteek is. Haar 14-jarige vriendin is ook aangerand, maar het die aanval oorleef.

Ses mense is aanvanklik aangekla vir Theologo se moord en poging tot moord op haar vriendin. Harvey Isha is in November vrygespreek van alle aanklagte. Die enigste vrou in die groep, Courtney Daniels (18), is skuldig bevind aan aanranding nadat sy voor die aanval remvloeistof in die slagoffers se drankies gegooi het. Sy is tot ses maande tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Twee ander mans, Lester Moody en Jeremy King, het vroeër skuldig gepleit vir hul rol in die moord en is elk 17 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Lees ook:
Sataniese ritueel: Vonnisoplegging duur voort
Sataniese ritueel: Twee ander skuldiges vandag gevonnis
“Ek wens ek kon haar help,” sê broer
“Sataniese ritueel”: Skuldiges vandag gevonnis
“Sataniese-ritueel”: Uitspraak gelewer
‘Sataniese-ritueel’: Slotbetoë word gelewer
‘Sataniese ritueel’: Meesterbrein glo “emosioneel onvolwasse”
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het glo God gevind
‘Sataniese ritueel’: Hof hoor hulle wou siele verkoop
‘Sataniese ritueel’: Regter siek, saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Beskuldigde het mag gesoek
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
‘Sataniese ritueel’: Meisie wis glo niks van moordplanne
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem 
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo “prostituut” van die Bybel
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
‘Sataniese ritueel’: Skokkende onthullings
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer wou letsels in hof wys
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
‘Sataniese ritueel’: Ma’s, slagoffer se broer getuig
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
‘Sataniese ritueel’: Moordsaak hervat
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueelsaak
Meisie (18) aan die brand gesteek tydens ‘sataniese ritueel’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

“Die duiwel is ʼn werklikheid en as jy die deur oopmaak sal hy inkom.” dit is 100% waar. Die sleutelwoord in die sin is “AS”. AS jy die deur oopmaak……. Die keuse is en bly steeds joune!!! AS JY die deur oopmaak en JY pleeg dade wat ‘n ander se lewe neem, is JY nie verantwoordelik nie?!?! Regtig?!?! Word groot, hoe het jy jou kind grootgemaak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.