Nege beseer ná bom by troue

Vroue in Afghanistan versier gewoonlik hul hande met henna vir hul troue

Vroue in Afghanistan versier gewoonlik hul hande met henna vir hul troue

Minstens nege mense, insluitend kinders, is beseer nadat ʼn bom by ʼn huwelikseremonie in die noorde van Afghanistan ontplof het.

Niemand het nog verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval nie, maar soortgelyke voorvalle in die verlede is op die Taliban blameer. Die Taliban beskou musiek en ander vermaak by troues as onaanvaarbaar.

“’n Ploftoestel het Donderdagaand onder die tent by die troue in Baghlan-e-Markazi ontplof,” het Gawhar Khan Babur, distriksgoewerneur van Baghlan-e-Markazi aan AFP gesê.

Twee van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand.

Asadullah Shirzad, hoof van die polisie in die Baghlan-provinsie het die voorval bevestig. “Al die beseerdes is ouer mans en kinders. Staatsamptenare was nie teenwoordig nie,” het Shirzad gesê.

Altesaam 18 mense is Sondag dood nadat ʼn bom langs ʼn straat ontplof het. Die vroue en kinders was op pad na ʼn huwelikseremonie in die Ghazni-provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.