Nege beseer na brand by Sasol-olieraffinadery

Nege mense is beseer na ʼn brand Donderdagoggend by Sasol se Natref-olieraffinadery, wat hy in ’n gesamentlike onderneming met Total SA bestuur, in Sasolburg uitgebreek het.

Jacqui O’Sullivan, groep-kommunikasiehoof van Sasol, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “ʼn Brand het omstreeks 5:00 vanoggend by die Natref-raffinadery in Sasolburg uitgebreek. Veiligheidsmaatreëls is onmiddellik in plek gestel en alle personeel is uit die gebied ontruim. Die brand is vinnig onder beheer gebring maar ongelukkig is daar mense beseer. Nege mense is in die hospitaal opgeneem en word ondersoek om die omvang van hul beserings vas te stel.” O’Sullivan sê ʼn ondersoek na die voorval is reeds van stapel gestuur. “Die ondersoek sal die oorsaak van die voorval vasstel en bepaal watter stappe en verdere aksie geneem moet word.” Maroela Media het intussen verneem dat drie van die nege mense ernstige beserings opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.