Nege in hof weens uitskot by lughawe

Foto: @StueyMax/Twitter

Nege mense moet binnekort in die hof verskyn nadat hulle emmers vol menslike ontlasting by die Kaapstadse lughawe uitgegooi het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het Woensdag gesê die verdagtes moet Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn.

Hulle word aangekla kragtens die Wet op Nasionale Sleutelpunte. Dié lughawe word ook as ʼn nasionale sleutelpunt beskou.

Die voorval het vroeër Dinsdag in die vertreksaal van die lughawe plaasgevind. Die mans het hulself as passasiers voorgedoen en emmers vol uitskot wat in swart plastieksakke versteek is, in die portaal gestort.

Die Cape Times het berig dat twee van die mans wat in hegtenis geneem is, ANC-lede is wat reeds deur die ANC gedissiplineer moet word weens ʼn soortgelyke misdryf.

Een van dié mans het aan die koerant gesê hulle het die aksie geneem om ʼn boodskap aan die Verenigde Nasies (VN) te stuur.

“Ons wil hê die VN moet sien dat mense met toilette moet gebruik wat drie maande gelede skoongemaak is, en oor vol is,” het hy gesê.

Dit volg na ʼn soortgelyke voorval vroeër die maand waar ontlasting by die provinsiale parlement uitgegooi is. Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, het ook vroeër die maand deurgeloop toe daar ontlasting na ʼn bus gegooi is waarin sy gery het.

Lees ook:
Ontlasting by lughawe uitgegooi
Ontlasting na raadslid se huis gegooi
“Poefiepolitiek” haal buitelandse media
Nuuskommentaar: Riooletiek
Ontlasting na Zille se bus gegooi
Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort
Toilet-skoonmakers het glo N2 gesluit
Betogers blok N2-hoofweg
De Lille: Sommiges verkies emmertoilette
Kaapstad kry dalk ‘slim’ toilette

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.