Nege sterf in De Doorns-ongeluk

ambulansNege mense is dood en vier is ernstig beseer nadat ʼn vragmotor en ʼn minibustaxi mekaar op die N1-snelweg tussen De Doorns en Worcester getref het.

“Die vragmotor het op die skouer van die pad stilgestaan, toe die minibustaxi dit van agter getref het,” het Robert Daniels, ʼn woordvoerder van Kaapstad se nooddienste, Dinsdag gesê.

Volgens Daniels is dit in die stadium nie duidelik of die vragmotor langs die pad stilgehou het, en of dit onklaar geraak het nie.

Die ongeluk het veroorsaak dat die snelweg vir ten minste drie ure lank gesluit moes word vir ondersoek en opruimingswerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.