Nege sterf in botsing op R25

Nege mense, insluitend twee kinders, is Sondagaand dood in ʼn botsing op die R25 naby Kempton Park, oos van Johannesburg.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het omstreeks 23:00 Sondagaand plaasgevind. Sy sê ʼn afleweringsvoertuig en ʼn motor het reg van voor gebots. Ses mense is ernstig beseer en is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.