Nege sterf in KZN-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Nege mense is dood en drie is beseer nadat ʼn bakkie en vragmotor op die R22 in die noorde van KwaZulu-Natal gebots het.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die ongeluk het Sondagaand om 19:00 plaasgevind. “Twaalf mense was op die bakkie toe die ongeluk plaasgevind het,” het McKenzie gesê. “Die nege mense is op die toneel dood verklaar.”

Die drie persone wat beseer is, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.