Nege sterf in Mpumalanga-ongeluk

Nege mense is dood en meer as 40 beseer na ʼn bus en ʼn taxi Saterdag op die R40 tussen Nelspruit en Witrivier gebots het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê met hul aankoms het albei voertuie se wrakke langs die pad gelê. Beseerde passasiers was regoor die toneel versprei en van die passasiers was steeds in die wrakke vasgekeer.

Paramedici het nege mense op die toneel dood verklaar. Hulle was hoofsaaklik die wat in die taxi gery het. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.