Nege sterf in Mpuma-botsings

iStock_000015602916XSmall91-320x212Nege mense is die naweek dood en 15 beseer in ongelukke in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê daar was Saterdag drie groot ongelukke in die provinsie. In die eerste ongeluk is drie mense dood toe ʼn VW reg van voor teen ʼn Nissan-bakkie gebots het op die N17. Hy sê een van die voertuie het glo teen ʼn hoë spoed gery waarna die bestuurder beheer verloor en teen ʼn aankomende motor gebots het. Die bestuurder van die motor en twee insittendes van die bakkie is op die toneel dood. In die tweede botsing is drie mense dood en 14 beseer nadat ʼn minibustaxi beheer verloor en teen ʼn versperring gebots het op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief. In die derde botsing is drie mense dood en een beseer toe twee motors op die N4 tussen Belfast en Middelburg gebots het. Die oorsaak van die ongelukke word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.