Nege sterf ná bakkie omslaan

iStock_000015602916XSmall91-320x212Nege mense is dood en twee beseer nadat ʼn bakkie omgeslaan en in ʼn rivier beland het tussen Middelburg en Groblersdal in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê die ongeluk het omstreeks 23:00 Vrydagaand op die N11 naby Kranskop plaasgevind. Hy sê die bestuurder het beheer oor die bakkie verloor waarna dit omgeslaan en in ʼn rivier beland het. Vusi Shongwe, LUR vir vervoer in die provinsie, het ʼn beroep gedoen op motoriste om versigtig te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.