Nege ‘stropers’ vas

Nege mense is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met stropery.

Kapt. Thulani Zwane, ‘n polisiewoorder, het Dinsdag gesê die groep verdagtes is verlede week in Melmoth in hegtenis geneem. “Die polisie het die gebied gepatrolleer en op ‘n verdagte voertuig afgekom. Hulle wou die voertuig van die pad aftrek, maar die verdagtes wou nie stop nie. Die polisie het hulle na ‘n jaagtog uiteindelik afgetrek en beslag gelê op twee dooie bokke, ‘n byl, twee haelgewere, ‘n vuurwapen en ammunisie.

Die verdagtes is tussen 16 en 56 jaar oud en moet 6 Maart in die Melmoth-landdroshof verskyn op aanklagte van stropery en die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Twee van die verdagtes is minderjarig en is in die sorg van hul ouers vrygelaat. Die res van die verdagtes  bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.