Negejarige verkrag, verbrand

handcuffs3-320x257ʼn 27-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn negejarige meisie verkrag en aan die brand gesteek het, sal Dinsdag in die Belville-landdroshof verskyn.

Die verdagte is Sondag deur lede van die Delft-gemeenskap aangekeer kort nadat daar op die meisie afgekom is. Sy is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal. Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het lede van die Delft-gemeenskap geprys vir hul hulp om die vermeende verkragter vas te trek. “Ek is baie hartseer en terselfdertyd woedend dat nog een van ons jong meisies brutaal verkrag is. Dit is welkome nuus dat daar reeds ʼn arrestasie gemaak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Hoe sielsiek moet ‘n “mens” wees om dit te doen ? Inteendeel, het so een ‘n siel ?

GawieM ·

Daar is net nie ‘n einde aan misdaad in die land nie. Groot uitgevrete politici word deur ‘n magdom lyfwagte beskerm en die land se vroue en kinders word aan die misdadigers uitgelewer.
Wanner gaan dit stop? Of wanneer gaan die regering iets daaraan begin doen?

AmY ·

Hoekom is die mense so wreed? Is dit in hulle natuur, of het daar iets in hulle lewens gebeur? Ek wonder maar net. Maar dis steeds geen verskoning vir sy dade nie. (Sou daar dalk iets met hom gebeur het in sy kinderdae).

Monica ·

Kan ons nie net maar ons kinders koester en lief hê nie. Ons moet as gemeenskap saam staan teen sulke “phyco’s”. Hoe kan ‘n mens ‘n kind so misbruik en weg gooi soos ‘n stuk afval. Iets moet drasties daaraan gedoen word om sulke mense uit die samelewing te verwyder. Dink aan die vrees, onbegrip en pyn wat die slagoffertjie moes deur maak. Ai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.