Nelson Mandela: Dokters verwerp idee om masjiene af te skakel

Oud-president Nelson Mandela

Voormalige president Nelson Mandela se dokters het die idee om die lewensondersteuningsmasjiene af te sit, buiten in die geval dat hy massiewe orgaanversaking opdoen, verwerp.

Denis Goldberg, ‘n anti-apartheidaktivis wat al langer as 50 jaar Mandela se naby vriend is, het gesê die kwessie om die lewensondersteuningsmasjiene af te skakel is bespreek, maar uiteindelik verwerp. “Die dokters het aangedui dat hulle eers dié opsie sal oorweeg indien sy organe begin ingee,” het Goldberg Vrydag aan AFP gesê. “Aangesien dit nog nie gebeur het nie, gaan hulle hom stabiel hou totdat hy herstel.”

Die 80-jarige Goldberg is in 1964 saam met Mandela gevonnis vir hul stryd teen apartheid. Hy het Mandela Maandag in die hospitaal besoek.

‘n Hofdokument wat nege dae gelede namens Mandela se familie ingedien is, het aangedui dat Madiba (94) “in sy asemhaling bygestaan word deur lewensondersteuningsmasjiene”. “Mediese praktisyns het die Mandela-familie aangeraai om die lewensondersteuningsmasjiene af te skakel,” het die hofdokument gelui. “Die familie oorweeg hierdie opsie baie sterk om seker te maak dat sy lyding nie uitgerek word nie.”

Die dokument, wat ontwerp is om ‘n hof te noodsaak om ‘n dringende uitspraak in ‘n familietwis oor die oorskot van Mandela se kinders te lewer, het ook aangedui dat Mandela “in ‘n permanente vegetatiewe toestand” is.

Die presidensie het intussen aangedui dat dit nie die geval is nie, maar weier om verdere besonderhede oor sy toestand te verskaf, omdat dit Mandela se privaatheid sal skaad. Zuma het op dieselfde dag wat die hofdokument opgestel is, ‘n besoek aan Mosambiek gekanselleer.

Zuma, familielede van Mandela en nabye vriende het intussen aangedui dat sy toestand verbeter het.

“Hy is duidelik baie siek, maar hy is by sy volle positiewe en hy het probeer om sy mond en oë te beweeg toe ek met hom gepraat het,” het Goldberg vroeër verduidelik. “Hy is definitief nie bewusteloos nie, hy het geweet wie ek is.”

Mandela is op 8 Junie in die hospitaal opgeneem met ‘n herhalende longinfeksie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Totdat sy organe ingee gaan hulle hom op die masjiene hou en stabiel hou totdat hy weer herstel!! Hoe belaglik kan dokters tog wees, ons weet mos almal hy gaan nooit weer herstel nie. Se liewers hulle gaan hom aan die gang hou tot die oggend van die 19de want dan is sy verjaardag mos verby en alles wat Zuma beplan wat op die dag, Mandeladag gedoen moet word, verby en dan is dit tyd om vir twee weke lank begrafnis te hou.

Annamarie ·

Dit is wat ons as Sui Afrikaners se mos.hulle wag net tot dit sy verjaarsdag is dan gaan hulle ewe skielik se sy organe het nou in gegee.Ja hulle het `n manier om lank begrafnis te hou en dan het hulle sommer ook `n klomp broer en suster wat daar op daag want hulle eet dan mos lekker saam.Groot potte kos en dan is dit die viering ook daar by.Wat `n belaglike idee is dit nie van hulle nie.Een of ander tyd gaan elke liewe persoon dood of dit nou oud of jonk is jy gaan op die ou ent.Om te dink so lank op masjiene en wie betaal daar voor ons as taxs belasting betalers,

Melissa ·

Hulle gaan seker die masjiene afsit op sy verjaarsdag! Word alles beplan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.