Nelson Mandela maak ‘merkwaardige’ vordering

Nelson Mandela tydens ‘n funksie in Desember 2009. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nelson Mandela het ‘merkwaardige’ vordering in die hospitaal gemaak en kan selfs al televisie kyk, het sy dogter Zindzi op die vooraand van haar pa se 95ste verjaarsdag gesê.

Zindzi het aan Brittanje se Sky News gesê dat sy haar pa Dinsdag besoek het en dat hy “televisie gekyk het met sy oorfone in”. Sy sê haar pa het ook vir hulle geglimlag. “Hy reageer baie goed…met sy oë en hy knik en partykeer tel hy sy hand op asof hy jou hand wil skud.” Zindzi, Mandela se jongste dogter saam met sy eksvrou Winnie Madikizela-Mandela, het erken dat die familie vroeër baie bekommerd was oor haar pa se gesondheid. “Daar was ʼn tyd wat ons almal baie angstig en bekommerd was en vir die ergste voorberei het. Maar hy gaan voort om ons elke dag te verbaas.” Mandela is op 8 Junie in die hospitaal opgeneem. Sy toestand is grotendeels as kritiek maar stabiel beskryf in die tydperk. Daar was egter vroeër berigte dat Mandela deur lewensondersteunende masjiene aan die lewe gehou word. Die nuwe inligting van Zindzi kom egter nadat talle mense gesê het dit gaan baie beter met Mandela. Oudpresident Thabo Mbeki het selfs voorgestel dat hy binnekort sal kan huis toe gaan. Mandela vier vandag sy 95ste verjaarsdag in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Colinda Kvam ·

I find it an insult that international news are better/more updated by his granddaughters than local news. He is the father of our new rainbow nation. And it would be appropriate then to personally give him his smart ID card. He would be thrilled. Why must his daughter or granddaughter accept it on his behalf?

Trudie ·

Ek sal graag in persoon wou sien waar Mandela tv kyk …..klink vir my na n wonderwerk hy was aan life suport gekopel…., maar geluk Madiba as jy nog leef bygesê.

Dries ·

Neem foto’s en publiseer dit, miskien sal alle twyfel dan uit die weg geruim word. Tot tyd en wyl dit egter gebeur glo ek geen woord wat hulle sê nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.