Nelson Mandela ‘meer bedag’

‘n Argieffoto van oudpresident Nelson Mandela. Foto: Nelson Mandela-stigting/SAPA

Oudpresident Nelson Mandela is reeds meer as twee maande in die hospitaal en word elke dag “meer bedag en bewus”.

“Tata kan weer regop sit en kan selfs daarin slaag om vir ʼn paar minute per dag in ‘ n stoel te sit,” het Zindzi Mandela, sy jongste dogter, aan die SABC gesê. Mandela is op 8 Junie in die Mediclinic-harthospitaal opgeneem vir ʼn voortdurende longkwaal. “Mense moet ophou om vir die familie te sê om hom te laat gaan want ons kyk na ʼn man wat sê hy gaan nêrens heen nie. Hy het nie die krag van ʼn gewone man nie maar die krag van iets wat nie verduidelik kan word nie. Want selfs nou met die uitdagings rakende sy gesondheid het hy dit reggekry om terug te veg wanneer almal gedink het dit is die einde.”

Die presidensie het op 30 Julie gesê Mandela se toestand is steeds kritiek maar stabiel. Die nuusagentskap AFP het op 4 Julie berig dat Mandela in ʼn “permanente vegetatiewe toestand” is. Dit nadat dokters wat Mandela behandel glo in hofdokumente sy familie aangeraai het om die masjiene wat hom aan die lewe hou, af te skakel. Die presidensie het dit ontken. Talle familielede het egter sedertdien gesê sy toestand het verbeter. Winnie Madikizela-Mandela, sy eksvrou, het aan Sky News gesê dat hy weer “normaal asemhaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Plaas ‘n foto, die argief-foto is geen bewys dat Mandela nog leef nie. Wanneer hoor ons van die dokters onder wie se behandeling hy is en NIE een van die Mandela-dogters nie, en beslis ook nie van die presidensie nie – GROOT LIEG aan die orde van die dag.

Hy IS NET ‘n gewone mens, net jammer daar is soveel mense wat hom aanbid. Om aan ‘n lewensonderhoudende masjien gekoppel te wees beteken, hy is vir alle praktiese doeleindes dood en intussen betaal die belastingbetaler lekker vir sy verblyf in die hospitaal.

Pieter Potgieter ·

Miskien moet die waarheid nou uitkom. Laat hulle een van die DA stuur om hul leuns te bevestig of aan die lig te bring. Of wat van n besoek van Maroela Media aan hom. Gaan saam met sy besoekende familie kyk. Kom nou ek daag julle dan sal jul n goeie storie he.

Annamarie ·

Hulle moet iemand anders in stuur en kyk of hy rerig af is van die asemhaling masjiene en dat hy rerig reg op sit soos wat hulle beweer.Hulle hou die hele Suid Afrikaanse se volk aan die lyntjie.
Ons as belasting betalers moet nou op dok vir sy verblyf in die hospitaal.Op `n staduim was hy gewild en ewe skielik is hy nou weer stil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.