Nelson Mandela ‘reageer op behandeling’

Nelson Mandela. Foto: Debbie Yazbek/Nelson Mandela Stigting/SAPA

Oudpresident Nelson Mandela reageer op behandeling maar is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal, het die presidensie Woensdag aangekondig.

“Ons is bemoedig deur die feit dat Madiba reageer op die behandeling en doen ʼn beroep op die publiek om voort te gaan om hom te ondersteun en te oorlaai met liefde om hom en sy familie krag te gee,” het president Jacob Zuma in ʼn verklaring gesê. Zuma het Mandela Woensdagaand in die hospitaal besoek. Mandela is op 8 Junie in die hospitaal opgeneem vir ʼn voortdurende longkwaal.

Daar is verlede week berig dat Mandela in ʼn “permanente vegetatiewe toestand” is en dat die familie aangeraai is om die masjiene wat hom aan die lewe hou af te skakel. Die presidensie het egter die berigte verwerp en gesê Mandela is in ʼn kritieke maar stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacques ·

Ek dink persoonlik dit is die GROOTSTE lot snert wat die media (asook presidensie) vir almal in die land, asook in die wereld, probeer wysmaak! Vir een of ander verskuilde rede, word die waarheid weerhou van die publiek af!

Henrietta Klaasing ·

Stem saam met Jacques – hoeveel keer is ons al die afgelope weke disinformasie gevoer uit alle oorde? En nou moet ons hulle glo? Agggg gaan weg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.