Nelson Mandela se toestand “onstabiel” by tye

Oudpresident Nelson Mandela in Desember 2009. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die presidensie het Saterdag gesê hoewel oudpresident Nelson Mandela se toestand meestal kritiek maar stabiel is, sy toestand soms ook kritiek maar onstabiel is.

“Dokters het aangedui dat hoewel sy toestand soms onstabiel is, die voormalige president volhard en dat sy toestand geneig is om te stabiliseer weens mediese ingryping,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê. Hy sê die dokters werk hard om Mandela se gesondheid te verbeter en hom gemaklik te maak. “President Jacob Zuma doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om voort te gaan om vir Madiba te bid en hom ten alle tye in hul gedagtes te hou.” Zuma vertrek Saterdag op ʼn amptelike besoek aan Maleisië. Die besoek het ten doel om maatskaplike, politieke en ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk. Zuma sal ook tydens sy besoek ʼn vredestoekenning namens Mandela ontvang van die Mahathir Global Peace Foundation. Mandela is op 8 Junie in die hospitaal opgeneem vir ʼn voortdurende longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg Net ·

Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Sy tyd om te gaan is al verstreke. Voorvaders roep hard.
Zuma gaan net nuwe aas uitgooi en kyk of hulle dit gaan vat

Adoons ·

Nou’s hy stabiel, nou’s hy onstabiel, nou’s hy stabiel, nou’s hy……

JAVR ·

Ek wonder watter datum hulle ingedagte het om hom uiteindelik dood te laat verklaar. Die knaap is laaaaaankal by sy voorvaders.

Carmen ·

Hoekom hulle aanhou om die wereld te vra om vir hom te bid gaan my verstand te bowe. Hou op vir die dooies bid, dit kom nie eers by die Here uit nie, veral as dit n Goddeloose mens is. Geen gebed gaan hom nou help nie Ai Ai x

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.