Nelson Mandela-standbeeld onthul

Die Mandela-standbeeld by die Uniegebou Foto: @powerfm987 op Twitter

Die Mandela-standbeeld by die Uniegebou Foto: @powerfm987 op Twitter

‘n Nege meter hoë brons standbeeld van oud-president Nelson Mandela, wat met ‘n glimlag op sy gesig en arms uitgestrek staan, is Maandag deur pres. Jacob Zuma by die Uniegebou onthul.

“Ons is bly dat ons hier is,” het Zuma gesê. “Madiba word met talle standbeelde uitgebeeld waar hy met sy vuis omhoog staan, maar hierdie een is anders. Hy staan met sy arms uitgestrek. Hy omhels die hele nasie.”

Die R8 miljoen-standbeeld is deur André Prinsloo en Ruhan Janse van Vuuren geskep en staan op die grasperk voor die Uniegebou.

Mandela is op 5 Desember 2013 in die ouderdom van 95 by sy huis in Houghton, Johannesburg, oorlede. Hy is Sondag tydens ‘n staatsbegrafnis in Qunu in die Oos-Kaap begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Babs ·

R8 miljoen-standbeeld – Chinese sou dit baie goekoper gedoen het. Regering laat hulle mos toe om alles land in te bring.

Chris Snyman ·

8 Miljoen. Seker die onslape Madiba sou dit eerder aan behuising wou bestee en sodoende vir die armes sorg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.