Nelson Mandela steeds “redelik siek”

8405565062_ea5fa012e3Oudpresident Nelson Mandela is steeds “redelik siek”, het sy eksvrou Winnie Madikizela-Mandela aan die Sunday Independent gesê.

Mandela word tans by sy huis in Houghton, Johannesburg behandel nadat hy op 1 September uit die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is nadat hy vir langer as drie maande daar behandel is vir ʼn voortdurende longkwaal. “Die slaapkamer daar in [Houghton] is soos ʼn intensiewesorgeenheid. Hy is steeds redelik siek,” het Madikizela-Mandela aan die koerant gesê. Sy sê Mandela het die gebruik van sy stem verloor weens die pypies wat in sy mond is om vloeistof in sy longe te dreineer. “Alhoewel die longontsteking weg is, bly sy longe sensitief en dus die pypies.” Sy sê dit het tot gevolg dat Mandela nie kan praat nie. “Hy kommunikeer met sy gesig. Maar die dokters het aan ons gesê dat hulle hoopvol is dat hy sy stem sal terugkry.” Madikizela-Mandela het ontken dat Mandela op lewensondersteunende masjiene gekoppel is. “Ek het die nonsens gehoor. Hy is nie.” Sy sê Mandela het 22 dokters wat na hom omsien. Madikizela-Mandela sê dit is goed vir Mandela om by die huis behandel te word “in ʼn atmosfeer wat hy herken.” Madikizela-Mandela se uitlatings kom twee weke nadat Tokyo Sexwale, voormalige minister, gesê het Mandela beskou homself nie as siek nie. “Madiba sê van sy gesondheid: ‘Ek is nie siek nie, ek is net oud,” het Sexwale destyds aan verslaggewers gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Shane ·

Van die Wes Rand my kroon. Ek is oor ‘n duisend. Sny gras by die begrafplaas.

Trippie ·

Eers klaar lag – Trippie, jy moet nou eers bietjie gaan slaap, rerig, more is die begin van ‘n nuwe week.

Dankie virrie tjips, styk en eier-aanbod – is daar darem poeding ook oppie spyskaart ?

***

Om terug te kom na Mandela – ek GLO hy is in Junie-maand al herenig met sy ensisters ! Net die lewensondersteunende masjene operate nog.

Jasper ·

Hoeveel van die 22 dokters is “tradisionele genesers” ? Wonder ook waar staan daardie rekening by die tyd ?

Greg Smith ·

How long are you idiots going to carry on with this charade?

Trippie ·

Greg – ek stem saam, waarom nie erken hy is dood nie ? Wat verbasend is, is sy familie se stilswye oor sy dood – GELD SPEEL VERSEKER ‘N ROL.

Demokraat ·

Hoop van harte Maroela Media wil hierdie forum verbied vir Trippie, Shane, Leon, Seg en Jasper met hul nikssegende geklets.

Sê jou sê ·

Ek stem Demokraat. Ek is al net so keelvol hoekom kry hulle nie mekaar se telefoon nommers en adresse nie, dan kan hulle genoeg klets.

Hennie van der Merwe ·

Ek stel voor julle klomp hierbo kry mekaar se adresse en dan kuier julle oor en weer. Dit sal ander Maroelagebruikers vrywaar van al die snert wat julle kwytraak! Hierdie is ‘n kommentaarprogram, en nie ‘n “ouvrougeselshoekie” nie! ASSEBLIEF!!!!!!

Sê jou sê ·

Ek stem Hennie, nou maak hulle of hulle reg is. Hulle moet eerder terug gaan Praag toe. Dit was lekker sonder hulle hier.

Jasper ·

Ek distansieer my van enige “geklets” en neem nie daaraan deel nie. Hallo ?

AmY ·

Hoe kan mense ‘n held maak van iemand wat so baie mense se bloed op sy hande het? Wat uit sy tronksel opdrag gegee het vir bomme om af te gaan? Help my asb, ek probeer my bes, maar ek kan dit nie begryp nie. Seker omdat ek net standerd sewe wiskunde het.

Helene Heyns ·

Demokraat, sover ek weet word niemand gedwing om die kommentaar te lees nie. So as jy nie daarvan hou nie, bly weg. Ek vind hul “geklets” skerp en pittig en soms lag ek kliphard hier op my eie.
Dankie Trip en Kie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.