Suid-Afrika moes Maandag inderhaas alles gereed kry vir die nagenoeg 100 wêreldleiers wat Dinsdag die herdenkingsdiens van oud-president Nelson Mandela by die ENB-stadion in Johannesburg sal bywoon.
President Barack Obama van Amerika sal ook die verrigtinge bywoon en sal na verwagting ‘n huldeblyk lewer by die diens. Drie voormalige presidente van Amerika, naamlik Jimmy Carter, George W Bush en Bill Clinton sal ook die verrigtinge saam met hul eggenote bywoon. Na verwagting sal 26 lede van die Amerikaanse kongres ook die diens bywoon.
Prins Charles en alle lewende eerste ministers van Engeland, naamlik David Cameron, Gordon Brown, Tony Blair en John Major sal die diens bywoon.
Francois Hollande, president van Frankryk, en Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, is ook op die gastelys.
Benjamin Netanyahu, eerste minister van Israel, kan egter nie die verrigtinge bywoon nie weens die hoë koste van reis en sekuriteit. Die Dalai Lama het ook aangedui dat hy nie die diens sal bywoon nie.
Die televisiepersoonlikheid Oprah Winfrey, sanger Bono, Britse miljardêr Richard Branson en musikant Peter Gabriel het ook aangedui dat hulle die diens sal bywoon.
Wonderlik! Al die VIP’s wat sal weet waar SA is. Ons is op die wereld se agenda… Hierna is dit egter ‘n ander storie. Ons sal bekend wees as ‘n groot ‘flop’. Ons moet dit geniet terwyl dit aan die gang is.
Die “nuwe” koning Willem Alexander van Nederland ook …
Dit laat my dink aan die liedjie ”o what a circus”, wat in Sir Andrew Lloyd Webber’s Evita Perón gespeel is.
Net jammer dat hierdie liedjie nooit gaan end kry nie.
Almal kom se n Zoinist totsiens.
N Heilige geveg is oppad
En daar kry ons eie pres. Zuma n groot Boooo ! van sy eie mense met sy aankoms.