Nelspruit-naamgeding vandag in hof

Inwoners van Mpumalanga en die Laeveldse sake- en toerismekamer (LCBT) gaan Maandag in die Pretoriase hooggeregshof veg dat Nelspruit se naam behoue bly en nie heet as Mbombela nie.

SAPA het in Junie berig meer as 20 000 inwoners en lede van die besigheidskamer gaan die naamsverandering teenstaan. Inwoners het meer as R300 000 ingesamel om die naamsverandering in die hof te beveg.

“Die LCBT het besluit om die naamsverandering teen te staan nadat meer as 23 000 inwoners ʼn petisie as protes geteken het. Dit gee ʼn duidelike aanduiding wat die gemeenskap wil hê,” het Linda Grimbeek, die finansiële bestuurder van LCBT, gesê.

Nelspruit se naam is amptelik op 16 Oktober, 2009 na Mbombela verander.

Volgens Grimbeek sal die naamsverandering die Mbombela-munisipaliteit R450 miljoen kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Melissa ·

R450 mijoen?? Vir wat??? Dis ‘n mors van geld om ‘n NAAM van ‘n dorp te verander, FFS! Ek hoop regtig hierdie mense wen om die naam te behou as Nelspruit!!!

Daai geld kan gebruik word om die heining tussen Mozam en SA in die Kruger weer op te sit, wat geskat is sal R250miljoen kos, maar nee, dit is mos te veel vir ‘n heining om diere soos ‘n renoster te beskerm!! Goeie bl*ksem!

Seg Net ·

Malissa ek stem saam met jou , maar verskil met die renoster storie. Die regering spandeer meer geld om die renoster te beskerm as wat hulle doen om die boere te beskerm.

M J MULLER ·

Dis waar en hulle dink hulle kan die Renoster beskerm maar dis n onbegonne taak.

Colleen ·

Nee daar kan liewer kinders sonder dakke oor hulle koppe wees of geen kos om te eet solank hulle geld kan spandeer op … Hoeveel mense kan nie huise kry nie of hoeveel kan lopende drinkwater uit KRANE kry nie.Ek dink party keer dat ons land net verder agtertoe beweeg as wat ons vorentoe gaan maak my net naa.

M J MULLER ·

Vir hulle is miljoene niks maar daar kan heelwat huise gebou word met dit. Hulle hare is kort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.