Die nasionale energiereguleerder (Nersa) het Donderdag hul besluit aankondig oor Eskom se voorgestelde verhoging van elektrisiteitstariewe.
Nersa het pas aangekondig dat die prys van elektrisiteit met 8% per jaar vir die volgende vyf jaar gaan styg.
Eskom het ‘n 16% toename in die elektrisiteitprys versoek. Die staatsinstelling het voorheen gesê die verhoging is nodig om die kostes te dek om elektrisiteit aan die land te voorsien asook om in die infrastruktuur te belê.