Nersa sê vandag oor elektrisiteitstariewe

Die nasionale energiereguleerder (Nersa) sal Donderdag hul besluit aankondig oor Eskom se voorgestelde verhoging van elektrisiteitstariewe.

Eskom het ‘n 16% toename in die elektrisiteitprys elke jaar vir die volgende vyf jaar versoek. Die staatsinstelling het voorheen gesê die verhoging is nodig om die kostes te dek om elektrisiteit aan die land te voorsien asook om in die infrastruktuur te belê.

Die voorgestelde verhoging het oor die algemeen kritiek van verskeie politieke partye, vakbonde, burgerretegroepe en besighede ontlok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.