Net familie glo by Madiba toegelaat

Foto:eNCA

ʼn Groot groep joernaliste staan buite ʼn Pretoriase hospitaal waar oudpresident Nelson Mandela sedert Saterdag behandeling ontvang vir ʼn longkwaal.

Die laaste keer wat die media oor Mandela se gesondheidstoestand toegespreek is, was Saterdagoggend toe Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê het dat Mandela in ʼn “ernstige maar stabiele” toestand is.

Intussen het die Star Maandag berig Madiba se familie het alle besoekers, insluitend regeringleiers en senior personeel van die ANC, verban en dat slegs familie hom mag besoek.

Die ANC het kort daarna reageer en gesê hulle is nie van dié verbod bewus nie.

Lees ook:
Madiba: ‘Laat hom gaan’
Madiba in hospitaal opgeneem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elize Beukes ·

Ongeag situasie……… daar is aner mense ook wat vir hul lewe veg maar daar sal mos nie so ‘n ophef gemaak word soos nou nie. My gebede gan aan al die mense wat veg vir hul lewe in hospitale, vrouens wat aangerand, verkrag word dat die Heer hul sal behoed en bewaar, Hul is net so belangrik in die lewe en kosbaar vir hul geliefdes!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.