Neusie verby vir gesels en ry in Kaapstad

Kaapstad se verkeersbeamptes het binne 90 minute sedert die aanvang van ʼn bewusmakingsveldtog 19 bestuurders met hul selfone gevang, het Rapport Sondag berig.

Luidens die berig oorweeg die stad nou om ʼn databasis saam te stel sodat bestuurders, wat hulleself vir ʼn derde keer aan die oortreding skuldig maak, se selfone gekonfiskeer kan word. So ʼn oortreder sal toegelaat word om die SIM-kaart te verwyder, maar sal die selfoon slegs ná betaling terugontvang. Indien jy gevang word dat jy met ʼn selfoon in jou hand bestuur, kan jy tot R500 beboet word. Sup Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie in Johannesburg, het gesê dit word ʼn ernstige probleem, aangesien onskuldige mense op paaie sterf wanneer bestuurders hul selfone gebruik terwyl hul bestuur. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lome4 ·

..man ek sè julle, ek hou meer en meer van Sup Enda. Ekt haar in die program Interface gesien praat gisteraand oor die haglike weteloosheid van bestuurders in SA op ons paaie..ons het BAIE MEER vroue soos sy en Adv Thuli nodig..en dis hoog tyd ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.