Nianell se ma oorlede

Nianell

Die twee sussies met die goue stemme, Nianell en Riana Nel, se ma, Heletjé is Vrydagoggend in Windhoek oorlede.

Heletjé Nel (65) het Donderdag glo ʼn roetine-rugoperasie by die Mediclinic Windhoek ondergaan, berig Volksblad.

Bobby van Jaarsveld het sy medelye oor Twitter met die gesin uitgespreek: “My gebede aan Riana Nel en Nianel en gesin. Het nou die slegte nuus gekry dat hulle ma oorlede is.”

Die twee susters is in Omaruru in Namibië gebore. Nianell (gebore Sonia Nel) het internasionale bekendheid verwerf met treffers soos “Who Painted The Moon” en “Angel tongue“. Haar suster Riana Nel (Réana) is ook ‘n sangeres in eie reg, maar fokus meer op geestelike musiek.

Sien Nianell se musiekvideo van haar liedjie, Mamma Pappa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marna Erasmus ·

Ons gedagtes en gebede gaan uit na almal wat Heletjie liefgehad het. Mag God se liefde julle omsingel en mag God se besluit om haar te kom haal vrede in julle harte nalaat en haar herhinneringe aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.