Nico van Rensburg: Begrafnisreëlings bekend

Foto: www.boeremusiekgilde.co.za

Die begrafnisreëlings vir die boeremusiek-legende Nico van Rensburg is bekendgemaak. Van Rensburg is Sondagoggend in die ouderdom van 76 oorlede weens hartversaking.

Sakkie Kotze, wat as die familie se woordvoerder optree, het aan Maroela Media gesê Van Rensburg se begrafnis vind Donderdag om 10:00 vanuit die Hervormde Kerk in Irelandweg, Eldoraigne in Centurion, plaas.

Van Rensburg was veral bekend vir die Nico van Rensburg-boereorkes wat vroeër weekliks op Maak ʼn Las op SABC2 te sien was. Hy was ʼn gesoute konsertinaspeler en het verskeie toekennings ontvang in sy loopbaan van meer as 50 jaar waaronder ʼn South African Music Award (SAMA) vir beste boeremusiekalbum.

Lees ook:
Boeremusiek-legende sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.