Nico van Vuuren verongeluk ná rooftog

Nico van Vuuren. Foto: Facebook

Die Blou Bul 0.21-rugbyspeler Nico van Vuuren (20) het gesterf nadat die voertuig waarin drie vermeende rowers gevlug het teen sy motor vasgejaag het.

Kapt. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het Sondagaand aan Maroela Media gesê dat drie mans Saterdag ʼn slaghuis in Komatipoort beroof het waarna hulle op die vlug geslaan het. Hlathi sê die mans se wegkommotor het teen Van Vuuren se motor gebots. Van Vuuren sowel as die drie vermeende rowers is op die toneel dood. Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens en kontant wat vermoedelik tydens die rooftog gesteel is. Erna Janse van Rensburg, Van Vuuren se vriendin Maryke se ma, het op Facebook gesê dat Nico op pad was om sy jonger broer by die Komatipoort-pad te gaan oplaai toe die ongeluk plaasgevind het. Die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) het Sondag sy meegevoel betuig met Van Vuuren se afsterwe. “Die BBRU se gebede en gedagtes is by sy ouers en familie.” Van Vuuren het stut of haker vir die Bulle gespeel. Hy is ʼn oud-leerling aan die Hoërskool Nelspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.