Niemand nog geskors ná polisiebeamptes glo vrou verkrag

Niemand is nog geskors of in hegtenis geneem nadat drie polisiebeamptes glo verlede naweek ʼn vrou van Centurion by die Wierdabrug-polisiestasie verkrag het nie.

Die 30-jarige vrou van The Reeds in Centurion is glo verkrag nadat sy ʼn klagte van aanranding by die stasie aanhanging wou maak. Sy is ná die voorval na die Unitas-hospitaal geneem.

Kaptein Agnes Huma, die polisiewoordvoerder van die stasie, het Maandag aan Maroela Media bevestig die saak word ondersoek nadat die slagoffer ʼn klagte teen die polisiebeamptes by die Lyttelton-polisiestasie aanhangig gemaak het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Vrydag gesê die betrokke beamptes moes onmiddellik geskors gewees het totdat die uitkoms van die ondersoek afgehandel is. “Hulle is duidelik nie bevoeg om met die publiek te werk nie, veral nie met vroue nie,” het die DA se woordvoerder, Patricia Mokgohlwa, gesê.

Huma wou nie aan Maroela Media of aan die DA meer inligting bekend maak oor die ondersoek nie, aangesien sy vir terugvoer van die ondersoekbeampte wag.

Mokgohlwa sê die aantygings is egter erg genoeg dat die beamptes wat ondersoek word, geskors moet word. Die DA gaan Faith Mazibuko, LUR van veiligheid in Gauteng, nader om in te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Juan ·

Dit moet ‘n absolute vereiste wees dat sodra ‘n polisieman by misdaad van enige aard betrokke is, daardie beampte geskors moet word, van alle pligte onthef word en sy naam bekend gemaak word. Let wel skorsing met slegs 50% van salaris, sodat hul kan leer luister en gedissiplineer kan word. ‘caught in the act’ misdade – arrestasie en Dit moet ‘n absolute vereiste wees dat sodra ‘n polisieman by misdaad van enige aard betrokke is, daardie beampte geskors moet word, van alle pligte onthef word en sy naam bekend gemaak word. Let wel skorsing met slegs 50% van salaris, sodat hul kan leer luister en gedissiplineer kan word. ‘caught in the Dit moet ‘n absolute vereiste wees dat sodra ‘n polisieman by misdaad van enige aard betrokke is, daardie beampte geskors moet word, van alle pligte onthef word en sy naam bekend gemaak word. Let wel skorsing met slegs 50% van salaris, sodat hul kan leer luister en gedissiplineer kan word. ‘caught in the act’ misdade – arrestasie en Dit moet ‘n absolute vereiste wees dat sodra ‘n polisieman by misdaad van enige aard betrokke is, daardie beampte geskors moet word, van alle pligte onthef word en sy naam bekend gemaak word. Let wel skorsing met slegs 50% van salaris, sodat hul kan leer luister en gedissiplineer kan word. ‘caught in the act’ mis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.