Niemand nog vas na moord op dokter

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn dokter wat Vrydagaand tydens ʼn motorkaping in Pretoria doodgeskiet is nie.

Dr John Moche, ʼn 41-jarige dermatoloog by die Steve Biko Akademiese-hospitaal, het glo Vrydagaand omstreeks 20:30 saam met ʼn verpleegster in sy Range Rover gesit buite ʼn kompleks in Viljoen straat. Twee gewapende mans het glo die deure oopgemaak en albei uit die motor geruk. Een van die mans het Moche in die bors geskiet en hulle het met die motor gevlug. Die motor is later dieselfde aand verlate in Atteridgeville gevind. Die verpleegster is nie beseer nie. ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Lungelo Dlamini, sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die Gautengse departement van gesondheid het intussen sy skok uitgespreek oor die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.