Niemand nog vas na moord op Limpopo-boer

Niemand is nog in hegtenis geneem na die moord op ʼn boer van Limpopo wie se lyk Woensdagoggend gevind is nie.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. Kol. Ronel Otto, sê daar is geen nuwe leidrade na die moord op Dou Brummer (50) van die plaas Goedgedacht in die Dwaalboom-gebied nie. Otto sê werkers van Brummer het Woensdagoggend omstreeks 6:00 op sy lyk afgekom waar dit op die grasperk voor sy huis gelê het. Brummer is in die agterkop geskiet. Die polisie vermoed Brummer is Dinsdagaand geskiet nadat hy by die huis gekom het. Otto sê Brummer se selfoon en wapens is gesteel. Brummer het alleen op die plaas gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.