Niemand is nog in hegtenis geneem na ʼn tienerseun glo deur ʼn studente polisieman doodgeskiet is nie.
ʼn Woordvoerder van die onafhanklike klagtedirektoraat (OKD), Moses Dlamini, sê hulle ondersoek steeds die saak. “ʼn Polisie studente konstabel het die slagoffer opgepas, maar niemand het gesien wat presies gebeur het nie. Ons is besig om verklarings af te neem.” ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Kay Makhubela, sê ʼn saak van moord word ondersoek. Thato Mokoka (16) is glo vyf keer geskiet terwyl hy glo op die grond gelê het met sy hande agter sy kop. Polisiebeamptes van die Dobsonville-polisiekantoor het glo ʼn klopjag op die huis uitgevoer nadat hulle glo inligting ontvang het dat Mokoka ʼn onwettige vuurwapen het. Mokoka was ʼn graad 9 leerder by die Kgatelopele skool.
Dit hoef nie ‘n landwye soektog te wees nie. Net die plaaslike polisiestasie.