Niemand nog vas ná skietgeveg op hoofweg

Die foto is deur @Nash_R1 op Twitter gelaai.

Die polisie is steeds op soek na vier verdagtes wat Dinsdagmiddag op twee polisiebeamptes op die M2-hoofweg in Johannesburg  losgebrand het.

Konstabels Lufhuno Maremba en Anthony Magalebata is ernstig beseer tydens die voorval. Albei het skietwonde aan hul bolywe opgedoen.

Maremba word nog in die hospitaal behandel terwyl Magalebata Woensdagmiddag ontslaan is.

Maremba en Magalebata het Dinsdag die hoofweg gepatrolleer toe hulle vier verdagte mans in ʼn Mercedes Benz opgemerk het. Die beamptes wou die voertuig van die pad aftrek toe die verdagtes hulle met aanvalsgewere (moontlik R5’s)aangeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.