Niemand nog vas vir moord op oud-Leeu

Johan Kemp en sy gesin. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Johan Kemp, die voormalige rugbyspeler vir die Leeus wat Donderdag deur inbrekers in sy huis in Randburg doodgeskiet is nie.

Lt.kol. Lungelo Dlamini het Dinsdag aan Maroela Media gesê die drie inbrekers is nog soek.

Maroela Media het vroeër berig Kemp is Donderdagaand omstreeks 02:00 by sy huis in Fontainebleau deur drie inbrekers aangeval. Hulle het Kemp in sy slaapkamer oorval en drie keer in die bors geskiet. Sy vrou, Elaine, en hul twee seuntjies, onderskeidelik twee en vier jaar oud, is ongedeerd. Die gesin se twee honde is met ‘n mes gesteek, maar het die voorval oorleef. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.