Niemand nog vas vir ses se gru-moorde nie

Saps-ls10-320x224Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ses mense in Khutsong naby Carletonville nadat inwoners die gereg in eie hande geneem het nie.

Kapt. Jabulani Kundethe, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het Woensdag gesê die polisie ondersoek nog die saak.

Hy het gesê die situasie in die informele nedersetting is sedert Maandag kalm en daar is nie weer voorvalle van geweld aangemeld nie.

Die ses mense, waaronder ʼn sangoma, is Sondag vermoor nadat sowat 400 mans in die gebied vergader het oor bendebedrywighede in die omgewing. Hulle het daarna in groepe verdeel en die ses slagoffers aangekeer. Daar is glo paraffien oor vier van die slagoffers uitgegooi, waarna hulle aan die brand gesteek is. Twee van die slagoffers is gestenig.

Lees ook:
Polisie ondersoek nog moord op “bendelede”
Inwoners glo vermoor oor bendebedrywighede

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vasti ·

Dit is reg in eie hande neem… laat die gereg al 400 arresteer, en hulle toesluit… haha… Die polisie was seker te bang, of het n ie brandstof gehad om self die moeilikheid op te los nie…. Mooi so… Nou is julle ‘n bende en ‘n duiwelshandlanger minder ;)

Jasper ·

Effektief en goedkoop. Geen uitgerekte hofsake, advokate, borgaansoeke en gevangeniskoste nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.