“Niemand verantwoordelik vir Rheenendal-busongeluk”

Daar is glo nie voldoende bewyse om enigiemand in verband met die Rheenendal-busongeluk, waarin 15 mense in 2011 gesterf het, te vervolg nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het Donderdag gesê niemand kan vir die ongeluk verantwoordelik gehou word nie, berig EWN. Die saak word nou na die landdroshof in Knysna verwys vir ‘n formele ondersoek. “Ons het deur al die bewyse gewerk en is van mening dat daar nie voldoende bewyse bestaan om iemand tans te vervolg nie,” het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê. “Ons moet onthou dat die busbestuurder ook in die ongeluk omgekom het en ons versoek gevolglik dat die saak formeel ondersoek word. Ten minste 14 leerders het in Augustus 2011 gestef ná die bus waarin hulle vervoer is, in ‘n rivier in gery het. Sommige van die familielede het aangedui dat hulle die provinsiale departement van vervoer en die departement van onderwys, sowel as die Eden distriksmunisipaliteit en die busmaatskappy wil dagvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.