Nieu-Seeland klop Argentinië om plek in die halfeindronde

Nieu-Seeland het Argentinië met 33-10 geklop om sy plek in die wêreldbeker halfeindronde te verseker.

Die All Blacks het teen rustyd met 12-7 voorgeloop. Piri Weepu het Nieu-Seeland in die 13de minuut van die wedstryd met 3-0 laat voorloop. Hy het die telling kort hierna na 6-0 opgestoot. Argentinië het teruggekom met ʼn drie deur Julio Farias Cabello om met 7-6 voor te loop. Weepu se skopskoen was egter ʼn doring in die Argentyne se vlees. Hy het nog twee strafskoppe deur die pale gestuur om die rustyd telling op 12-7 te staan te bring.

Argentinië se Marcello Bosch het die telling na rustyd na 12-10 opgestoot. Weepu het voortgegaan met sy goeie skopwerk om die telling op 18-10 te staan te bring. Kieran Read het die All Blacks se eerste drie aangeteken in die 67ste minuut van die wedstryd. Weepu het in die 73ste minuut sy sewende strafskop deur die pale gestuur. Nieu-Seeland het sy oorwinning afgesluit met ʼn drie deur Brad Thorn.

Wallis kom Saterdag teen Frankryk te staan in die halfeindronde terwyl Nieu-Seeland Sondag die Wallabies sal plak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.