Nieu-Seeland pak Frankryk in wêreldbeker-eindstryd

Nieu-Seeland het Australië met 20-6 geklop om sy plek in die Wêreldbeker-eindstryd te verseker.

Nieu-Seeland kom op 23 Oktober teen Frankryk te staan in die eindstryd. Ma’a Nonu van die All Blacks het in die sesde minuut die enigste drie van die wedstryd aangeteken. Die All Blacks het teen rustyd met 14-6 voorgeloop. Nieu-Seeland se Piri Weepu het in die tweede helfte twee strafskoppe deur die pale gestuur om die All Black se telling op 20 te staan te bring. Australië en Wallis sal mekaar Vrydag pak om die derde plek te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.