Nieu-Seelandse bejaarde ontdek dwelms in haar tas

Argieffoto

Argieffoto

Gillian Rogers (74) van Nieu-Seeland was geskok toe sy haar tas vir ‘n nuwe reis wou pak, en ‘n pakkie so groot soos ‘n sigaretpakkie met ‘n wit poeir in die tas vind.

Die polisie het bevestig dat die pakkie die dwelm, Speed, bevat, en ‘n markwaarde van ongeveer $50 000 het.

Die pakkie is vermoedelik vier jaar gelde deur dwelmsmokkelaars in haar tas geplant toe sy deur Australië gereis het.

Rogers is geskok: “Wat sou van my geword het as die doeane in Bali of Thailand die pakkie in my tas sou gekry het? Skrikwekkende gedagte!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.