Bekende kunsversamelaar Charles Saatchi het gesê hy wil van sy vrou, die bekende sjef Nigella Lawson skei, omdat sy hom nie in die openbaar verdedig het nadat foto’s gepubliseer is waar hy haar aan die keel beet het nie.
Maroela Media het verlede maand berig oor die foto’s wat in ‘n Londense restaurant geneem is (foto’s volg onderaan die berig), wat Saatchi as ‘n “spelerige onderonsie” beskryf het. Saatchi (70) het glo ‘n polisiewaarskuwing ontvang nadat hy aanranding erken het.
Hy het aan Brittanje se Mail on Sunday-koerant gesê hy wil skei omdat hy “duidelik ‘n teleurstelling” vir haar is en omdat hy teleurgesteld is dat sy hom nie ná die voorval verdedig het nie.
Lawson se woordvoerder wou nie kommentaar lewer nie.
-SAPA
[nggallery id=140]
hys tapetap. as my man my aanrand gn ek hom definitief ni verdedig ni. hy sal in die hospitaal beland.