Nigerië-raaisel: Ten minste 15 lyke dryf in rivier

Anambra Bron:https://maps.google.co.za/

Die polisie in Nigerië het op ten minste 15 ongeïdentifiseerde lyke afgekom wat in ‘n rivier in suidoostelike Anambra gedryf het.

“Ek weet nie hoeveel lyke daar is nie, maar ek het ten minste 15 in die rivier sien dryf,” het Bala Nasarawa, polisiekommissaris van Anambra, gesê. Van die plaaslike media berig dat daar moontlik tot 30 of 40 lyke kan wees, berig TimesLIVE.

Dit is nog nie duidelik hoe die persone gesterf het of hoe die lyke in die rivier beland het nie. Nasarawa sê die polisie ondersoek dié raaiselagtige saak. Beeldmateriaal van manlike lyke in die Ezurivier in Amansea, is op die televisie gewys.

Musa Daura, kommissaris van die polisie in Enugu, het gesê daar was nie onlangse berigte oor gemeenskapsbotsings in die gebied nie. Plaaslike berigte sê die lyke is Saterdag deur vissermanne en sanduitgrawers opgespoor wat toe die owerhede ontbied het.

Pieter Obi, goewerneur van Anamabra, het die toneel Sondag besoek en ‘n beloning van vyf miljoen naira (US$32 000) uitgereik vir enigiemand wat oor bruikbare inligting beskik.

Gemeenskappe in die omgewing het nog nie iemand as vermis aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.