Nigerië rou na vliegtuigongeluk

President Goodluck Jonathan van Nigerië het drie dae van rou verklaar na gister se vliegtuigongeluk in Lagos, Nigerië, waarin minstens 153 mense omgekom het. ʼn Vliegtuig het Sondagmiddag teen ʼn dubbelverdieping-gebou gebots, ná dit glo ʼn kragdraad getref het. Die vliegtuig het daarna aan die brand geslaan. Die owerheid het gesê daar was ook ongevalle op die grond.

President Jonathan het al sy openbare afsprake vir vandag gekanselleer. Sy kantoor het ‘n verklaring uitgereik oor die drie dae van rou en opdrag gegee dat die Nigeriese vlag vir die drie dae halfstok sal hang. Die president het ook gesê dat ‘n deeglike ondersoek na die voorval gedoen moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.