Nigeriër vas na moord op Aus-vrou in SA

Jette Jacobs

Die polisie in Nigerië het Maandag bekend gemaak dat hy ʼn 28-jarige man in hegtenis geneem het in verband met die moord op ʼn Australiese vrou wat glo na Suid-Afrika gekom het om liefde te vind.

Die polisie het Orowo Jesse Omokoh op 28 Januarie in Nigerië in hegtenis geneem. Volgens die polisie sal Omokoh binnekort in die hof verskyn sodat hy uitgelewer kan word. Omokoh was glo ʼn verhouding met Jette Jacobs (67), ʼn weduwee en ouma van ses, nadat hulle mekaar op ʼn ontmoetingswebwerf raakgeloop het. Jacobs is op 9 Februarie 2013 dood aangetref in ʼn Johannesburgse gastehuis. Haar geld, juwele, skootrekenaar en ander persoonlike besittings was vermis. Omokoh het na die moord spoorloos verdwyn. Jacobs het glo in November 2012 van Wagin, sowat 200km suidoos van Perth, na Suid-Afrika gereis om Omokoh vir ʼn tweede keer te ontmoet. Jacobs het glo meer as $90 000 na Omokoh se bankrekening in Nigerië oorgeplaas tydens hul verhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Wat gebeur het is jammer, maar ek is seker sy kon vir haarself gedink het, voordat sy so ‘n kans gewaag het. En dan met ‘n Nigeriër van alle mense? Was sy dan sò desperaat vir gewees vir liefde???

Jannaman ·

Baie vrouens in SA val vir hierdie foefie. In n onderhoud met een van die slagoffers, word ek vertel dan haar oorlede man altyd vir haar mooi woorde en n drukkie gegee het. Sy wou dit weer hoor. Hierdie Negeriers skryf die mooiste “love letters” en vra dan altyd geld vir een of ander besigheid waarin hulle betrokke is, en stuur ook verwysings met name van groot instelling bv Shell ens maar dis alles vervalsings.
Hulle kom weg daarmee, want hulle word nie vervolg nie.
Onthou wat jy saai gaan jy maai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.