Nkandla-bouer swyg oor bedrogsaak

Skermskoot van Bonelena Construction se webwerf

Skermskoot van Bonelena Construction se webwerf

Thandeka Nene, die eienaar van een van die maatskappye wat pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning opgradeer het, swyg oor bewerings van bedrog teen haar, berig EWN.

Volgens EWN moes Nene ʼn bedrag van meer as R43 000 in die Seychelle-eilande betaal nadat sy met ʼn beweerde vervalste banktjek betrap is. Sy en twee ander persone is glo in Desember in hegtenis geneem op aanklag van bedrog.

Nene het glo deur haar prokureur gesê sy glo sy word nie verbind aan die bedrogsaak nie, berig EWN verder. “Deur die boete te betaal erken sy nie enige skuld nie,” het die prokureur glo gesê.

Nene se maatskappy, Bonelena Construction, het ʼn kontrak van nagenoeg R80 miljoen ontvang om die opgraderings te behartig.

Die Mail & Guardian het berig dat Bonelena Construction in Junie 2012 gelikwideer is nadat die departement van Openbare Werke sy kontrak met die maatskappy gekanselleer het, glo weens herhaaldelike versuim om aan sperdatums vir die opgraderings by Nkandla te voldoen.

Volgens Kenneth Mubu, DA-LP, is dié besluit later teruggetrek nadat Thulas Nxesi, minister van openbare werke, ingegryp het. Volgens Mubu het die departement Bonelena glo R7 miljoen betaal en die Industrial Development Corporation (IDC) het glo ʼn verdere R10 miljoen, buiten sy oorspronklike lening van R20 miljoen, betaal om die maatskappy uit sy finansiële verknorsing te help. Klik hier vir om ‘n video van eNCA te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BlinkStefaans ·

Volgens Mubu het die departement Bonelena glo R7 miljoen betaal en die Industrial Development Corporation (IDC) het glo ʼn verdere R10 miljoen, buiten sy oorspronklike lening van R20 miljoen, betaal om die maatskappy uit sy finansiële verknorsing te help.

Wil julle my nie ook asb help nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.