Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het erken dat die sekuriteitsopgradering by president Jacoz Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, die begroting oorskry het.
“Dit is duidelik in hierdie saak dat mense die begroting oorskry het,” het Nxesi Donderdag glo aan John Perlman, aanbieder by Kaya FM gesê. Hy het gesê ‘n interne ondersoek deur die departement sal teen volgende week afgehandel wees en die uitslag sal bekendgemaak word. Nxesi het aan Perlman gesê dit is “baie duidelik” dat die kostes wat vir die opknappingswerk “twyfelagtig” is. Hy blameer die boubedryf en sê dat daar “’n goeie kans is dat mens uitgebuit word”. Hy sê die publiek het die reg om ontsteld te wees oor die koste van die projek, maar dat die publiek sy departement die geleentheid moet bied om dit te ondersoek. Die projek beloop glo R250 miljoen.
Zuma het verlede maand aan die parlement gesê dat die regering vir die sekuriteitsopgradering aan sy huis betaal, maar dat hy ‘n verband uitgeneem het om vir die res van die opknappingswerk te betaal.
Wie teken die tjeks, Thulas?