Nkandla: Madonsela-verslag sloer weens uitstaande inligting

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

’n Verslag deur die openbare beskermer, Thuli Madonsela, oor die omstrede verbeterings aan president Jacob Zuma se private woning in die noorde van KwaZulu-Natal kan nog nie voltooi word nie, aangesien Madonsela steeds nie al die nodige inligting ontvang het nie.

Madonsela se woordvoerder, Kgalalelo Masibi het vandag in ’n verklaring gesê die party wat die inligting verskuldig is, moet dit voor 30 September verskaf, waarna ’n voorlopige verslag aan die betrokke partye voorgelê sal word.

Die verslag sal na verwagting die uitermatige besteding van meer as R206 miljoen rand op Zuma se privaat woning in Nkandla ondersoek. Die betrokke partye sal ’n geleentheid kry om kommentaar te lewer op die bevindings van die verslag, waarna die finale verslag voltooi en gepubliseer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

… nou dan moet ons seker maar geduldig wag op die uitkoms … ek kots oor die bedrag van die huis. Om te dink, ‘n deel van my belasting het daarvoor betaal. Intussen word ons gewone mense uitgemoor, ongeag sekuriteit aangebring.

Seg Net ·

Hulle sal dit seker bekend maak indien alles eers klaar gedoen is. Dan is hy nie meer aan bewind nie en was sy hande in onskuld.

H J Bester ·

Enige moontlike saak waarby Zuma betrokke kan wees en wat ‘n negatiewe refleksie op sy kandidatuur as president op die vooraand van die 2014-verkiesings kan hê, sal ten alle koste vertraag word om die mins moontlike invloed op die verkiesings te hê.

vuurvreter ·

Hahaha JBester jys nou. Tops. Ek sal jou nooit weer U hoogheid noem nie. Jys 100% reg omtrent Zuma en sy agter ryers.

Sarie van Niekerk ·

Ek weet nie wie die mense is wat die verslag vertraag nie, maar hier is ‘n reuse vertragingstaktied aan die gang net soos in die geval van die sogenaamde Zum spy tapes waar daar al minstens vier hofbevele is om dit te oorhandig en steeds appelleer Zuma daarteen. Dit wys mos net in beide die gevalle is daar seker van die land se grootste onreelmatighede, diefstal en bedrog by betrokke wat die ANC ten alle koste wil verhoed dat dit uitkom – want dit sal net bewys hoe groot skelm die president eintlik is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.