Nkandla-skoorsteen ‘n “brandgevaar”

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

ʼn Skoorsteen op ʼn grasdakhuis van pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning kan ʼn veiligheidsgevaar inhou, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Die maatskaplike werker John Clarke het glo ʼn klag by die Openbare Beskermer gelê waarin hy aanvoer dat die skoorsteen te kort is en dus ʼn brandgevaar inhou.

Meer as R206 miljoen van die belastingbetaler se geld is aan sekuriteitsopgraderings by die eiendom spandeer.

“Dit veronderstel dat pres. Zuma meer in gevaar gestel word deur die onbekwaamheid van lede van sy eie kabinet as enige ander eksterne bedreiging,” het Clarke glo in sy klag aangevoer.

Die koerant berig dit is moontlik dat die voorwerp op die dak nie ʼn skoorsteen is nie, maar deel van ʼn uitgebreide verdediging teen chemiese of biologiese wapens. Dokumente uit die vroeë stadium van die projek in 2009 stel voor dat ʼn gefiltreerde suurstoftoevoer gebou moet word aan ʼn veilige gedeelte van die tonnelkompleks onder die woning. Dié suurstoftoevoer sal ʼn gasaanval kan weerstaan.

Die luginlaatstelsel sou by die woning as ʼn hoë skoorsteen verbloem word.

Owerhede het gesê een van die veiligheidskenmerke is ʼn “brand-swembad”. Dié “brand-swembad” lyk egter hoofsaaklik soos ʼn gewone swembad.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

“Brand Swembad” wat van n boorgat met n super druk pomp vir brandbestryding, verstaan nie die eenvoudige tegnologie/denke nie, nietemin – lekker swem.

Frikkie Roothman ·

Ek wil ook byvoeg dat ek “bekommerd” is oor die “gevaar” wat President Zuma kan ervaar t.o.v. die risiko dat hy moontlik in die “Brand Swembad” kan val en verdrink. Ek is nou nie ‘n statistikus nie, maar het al van baie meer gevalle gehoor waarin mense in “brand Swembaddens” geval het en verdrink het as in ‘n brand omgekom het. Ek is nie ‘n deskundige nie, maar reken dat ‘n oop gat in die grond vol water wat met n filtreer stelsel en chemikalië skoon en swembaar gehou word is nie die mees effektiefste sekuriteit stelsel vir die voorkomming van besering in n brand nie. Veral as daar nie eens emmers naby die gat gemonteer is nie, dus is die risiko wat geskep word groter as die beskerming wat gebied word. Dis so goed soos om ‘n atoombom fabriek langs ‘n kleuterskool te bou om te verhoed dat die kleuterskool in n bomaanval beskadig word. Dit maak nie “sence” nie.

Babs ·

Maak dit saak? Wie gee om? Grap word by die dag groter. Hulle moet tog net onthou om ‘n groot genoeg binneband langs die swermbad te sit vir ingeval iemand wil swem.

Eksenet ·

Dit gan die belasting betaler seker nou R400 miljoen kos om plan te maak met die skoorsteen. Dan moet ons nog onthou van die R290 miljoen se pad wt nog gebou moet word en die binneband vir die swembad is seker baie spesiale materiaal waarmee dit gemaak moet word, nog R50 miljoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.