Nkandla-verslag “byna afgehandel”

Nkandla

Die Opbenbare Beskermer se verslag oor Nkandla is 95% gereed, het sy Donderdag gesê.

“Ek is jammer om te sê dat die verslag nog nie afgehandel is nie. Sommige dinge moes uitgeklaar word,” het Thuli Madonsela aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Sy ondersoek of belastingbetalers se geld misbruik is vir sekuriteitsopgradering by pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het in Januarie gesê die regering het R206 miljoen aan opgraderings en konsultante spandeer.

ʼn Verslag oor die saak, wat deur ʼn presidensiële taakspan opgestel is, is vroeër as vertroulik geklassifiseer.

Madonsela sê sy sal oorweeg of die inhoud van haar eie verslag bekend gemaak gaan word in die lig daarvan dat sy vertroulike inligting ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.