Nkandla-verslag “byna klaar”

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se voorlopige verslag oor Nkandla is “byna klaar” maar weet nie aan wie om die verslag te oorhandig nie, het SAUK Maandag berig.

“Ek is nou byna klaar met die voorlopige verslag,” het Madonsela gesê. “Ons het die regering versoek om vir ons ʼn aanduiding te gee of hulle al ʼn besluit gemaak het aan wie soortgelyke verslae oorhandig moet word. Ons het nog nie ʼn antwoord nie.”

Madonsela sê sy het “ongewone uitdagings” teëgekom terwyl sy die verslag oor opgraderings by pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, opgestel het. “Ek wil nie oor die uitdagings praat wat ons met dié verslag gehad het nie. Ek dink mense sal uit die verslag sien wat dié uitdagings was.”

Die Demokratiese Alliansie het Madonsela verlede jaar versoek om te bepaal of Zuma se familie onbehoorlik voordeel getrek het uit die opgraderings. Zuma het aan die parlement gesê dat die regering betaal het vir sekuriteitsopgraderings, maar dat hy ʼn huislening aangegaan het om vir die res van die opgraderings te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

daniel ·

So sal n tradisionele leier na gekyk word en gehelp word dat sy ras mense na hom kan opkyk en as daar probleme is. Daar sal na omgesien word My pa het my geleer om probleem mense behandel soos goed soos jy behandel moet word en daar is drome verder vorentoe en wat reg is om die kleurkaarte reg te hou entradiesies skoon te hou en die krale skoon te hou sonder rommel so ook die land en so ook die wereld want die kraal is soos die oog gebou. Werk saam en die wereld se oe sal mooi word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.