Nkandla-verslag byna voltooi

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB) se verslag oor die gebruik van belastingbetalers se geld vir pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning, is 99% afgehandel.

Mandonsela het Maandag die Nkandla-woning gaan besoek.

“Die inspeksie is gedoen om bewerings van onbehoorlike gedrag te ondersoek ten opsigte van sekuriteitsopgraderings by dié eiendom,” het Kgalalelo Masibi, Madonselsa se woordvoerder, gesê. Sy het ook gesê geen verdere besonderhede kan in die stadium oor die ondersoek bekend gemaak word nie, kragtens die Wet op Openbare Beskerming.

Volgens Masibi wag Mandonsela nog vir “sekere inligting” om haar ondersoek te voltooi.

“Sodra sy al die inligting het, sal haar verslag voltooi word, wat dan slegs met die betrokke partye gedeel sal word om sodoende kommentaar daarop te kan lewer. As dié kommentaar bekom is, sal die OB ʼn finale verslag opstel wat aan die publiek bekend gemaak gaan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willy ·

Ek dink die bietjie van die verslag Leana. Ons gaan nie alles hoor nie soos ek hierdie spul ken.

Hendrik ·

die “sekere inligting” is seker bevestiging van die bank dat sy haar gedljies gekry het om seker te maak die verslag praat net die “waarheid”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.